Skoonheid- en Haarstilering departemente ontvang 'n toekenning vir die mees innoverende opleiding verskaffers...............Opedag 20 Julie 2013..............Volg ons op Twitter @Cent_Akademie                                         

CA streef daarna om kennis te ontsluit, vaardighede te ontwikkel en gesindhede te bou

Regkry vir werkkry    

 

NUUS

Leerlinge klop, klits en roer 

 

[08-05-2013]

Vyf skole het op Woensdag 24 April 'n pretmiddag by Centurion Akademie gehad.

Graad 12 leerlinge van KHS, Schoonspruit, Lichtenburg, Wolmaransstad en Bothaville het deelgeneem aan prettige projekte om leerlinge 'n kykie in die beroepswêreld te gee.

Volgens Elmaré Mong, skakelbeampte, was die fokus op leerlinge wat belangstel om na skool in rigtings soos toerismebestuur en verbruikerswetenskap te studeer.


Daar was 'n toerisme vasvra kompetisie wat soos die realiteits televisieprogram Amazing Race aangebied is en hier het Hoërskool Schoonspruit koning gekraai.

Die Klop, Klits en Roer spanne het ook goed presteer en hulle moes elkeen pannekoek met 'n soet sous vulsel voorberei.

Hier het Bothaville as wenners weggestap en die beoordelaars was oor die algemeen beïndruk met die leerlinge se kookvernuf.

 

Die Perfekte Buitelug Klaskamer  

 

[23-04-2013]

Met die suksessvolle voltooing van hul eerste jaar, het die tyd aangebreek vir Centurion Akademie (Bellville tak) se tweede jaar Diploma in Natuur Bestuur studente om blootgestel te raak aan meer ingewikkelde teorie en praktiese werk.  Sodoende arriveer hulle by Gondwana Wildresevaat op 11 Maart 2013 vir hulle eerste week lange praktiese ekskursie.  Hulle kon nie vir 'n beter buitelug klaskamer gevra het as Gondwana Wildreservaat net buite Mosselbaai nie.

Toe hulle Maandag 11 Maart 2013 by Gondwana aankom, was dit reeds duidelik dat hierdie 'n praktiese ekskursie van 'n ander kleur gaan wees.  Die studente is verwelkom en het 'n voorsmaakie ontvang van die lewe as 'n student in jou praktiese jaar toe Tayla Hawkins, 'n derde jaar student wat haar prakties by Gondwana doen,hulle neem om Mr. John Vogel, wildplaas bestuurder van Gondwana, te ontmoet.  Mr. Vogel en verskeie Duitse Nagraadse studente was besig om na Thandora, n 29-jarige Olifant koei wat vanaf die Bloemfontein Dieretuin na Gondwana verplaas is, om te sien.

Die week was nie net gevul met werk nie.  Mike Fabricius, 'n gids by Gondwana, het die studente aan die wildbesigtigingsrit ondervinding blootgestel.  Die wildbesigtigingsrit vorm deel van hulle praktiese opleiding vir hul FGASA vlak 1 praktiese eksamen.  Tussen middag ritte met Mike en oggend werk met Tayla, het die Centurion Akademie (Bellville tak) studente die geleentheid gekry om te soek vir van die mees karasmatiese diere op ons planeet.  Hulle het ook n renoster gemonitor deur middle van telemetrie.  Ongelukkig kon hulle nie die renoster mooi sien tussen die suiderlike vallei bos van Gondwana se Nouga Vallei nie.

By die tyd dat die studente op Donderdag 14 Maart vertek het, het hulle deel gevoel van die Gondwana familie en is hulle met 'n swaar hart terug na die Kaap.

Vir meer inligting oor enige van ons kwalifikasies of ons winter werkswinkel te besoek kontak ons by (021) 949 1751 of e-pos info@capagroup.co.za 

 

CA - Haarversorging ontvang 'n trofee  

 

[15-04-2013]

Saterdag aand het CA 'n trofee vir mees Innoverende Verskaffer in Haarstilering (Kosmetologie) 2012 ontvang by die "Employers Association of Hair and Beauty." Baie geluk aan Mev Frenandez en jou span.

 

CA - AHI se Onderneming van die Jaar!  

 

[22-10-2012]

CA het 3de plek gekry in die AHI se Onderneming van die Jaar! Baie dankie aan al die harde werk van ons personeel, studente, ouers,
ondersteuners en vriende wat dit moontlik gemaak het!

 

 

CA - Nuwe Kort Kursusse 2013  

 

[19-09-2012]

CA sal van 2013 kort kursusse aanbied op Saterdae en weeksaande.
Vir meer inligting:

Kontak Cisna by Cisna@ca2000.co.za

 

 


 

 

 

AFSTANDSLEER:
DEPARTEMENT IQ AKADEMIE

IQ Academy is 'n DEPARTEMENT van Centurion Akademie wat Afstandsonderrig aanbied aan studente in Suid Afrika.

Dus is IQ Academy geakkrediteer as deel van Centurion Akademie en bied Centurion Akademie kursusse aan.

Kontak no's: 043 706 7204 / 086 111 5054

IQ AcademyKliek hier om na IQ Academy se website toe te gaanIQ Academy spesialiseer in kort kursusse wat fokus op die Suid Afrikaanse werksmark om mense in hul loopbaan bevordering te help Link: IQ Registrasie

DEELTYDS:
BEMARKINGSBESTUUR

IMM GSM - Recognised additional tuition centre
Notice and Disclaimer
ICB