Apply Online
´╗┐

1 Jaar Hoër Sertifikaat: NQF-5 (120 krediete) SAQA ID 63712

Meer inligting oor Natuurbestuur

Die Natuurbestuur-program is ontwerp om studente toe te rus met kennis van, en die vaardighede om moderne bestuursbeginsels toe te pas in die studieveld van Natuurbestuur. Studente word opgelei om kundige, bekwame bestuursassistente te wees, wat sal bydra tot die ekonomiese potensiaal van ons land se natuurlike hulpbronne in 'n verantwoordelike, volhoubare wyse, sowel as om goed afgeronde, opgeleide individue wat 'n positiewe bydrae tot die gemeenskap kan maak, te produseer. Na kwalifisering, sal studente in staat wees om noodsaaklike take prakties uit te voer en leiding te neem in wildplaasbestuur en reservaatbestuur.

Kurrikulum

Jaar 1
  • Bewaringsontwikkeling
  • Bewaringskommunikasie
  • Ekologie
  • Plantwetenskap
  • Dierestudies
  • Wildplaasbestuur
  • Grondkunde
  • Wildsiektes

Toelatingsvereistes

Nasionale Senior Sertifikaat (Gr 12) of gelykwaardige kwalifikasie met toelating tot hoër sertifikaat studies.

Loopbaangeleenthede

  • Assistent natuurbewaarder
  • Assistent wildplaasbestuurder
  • Veldgids
  • Diere-rehabilitasie
  • Professionele jagter

Ingeslote Addissionele Kursusse

  • Veldgids (FGASA)
  • Noodhulp (Vlak 1)

Opsionele Addissionele Kursusse

  • 4X4-bestuurskursus
  • Professionele Jagter
  • Slang identifisering en Hantering
  • Wapenhantering

Corporate

Stel jy belang?


Registreer Nou