Apply Online
´╗┐

3 Jaar Diploma: NQF-6 (364 krediete) SAQA ID 62690

Meer inligting oor Natuurbestuur

Die Natuurbestuur program is ontwerp om studente toe te rus met kennis van, en die vaardighede om moderne bestuurs-beginsels toe te pas in die studieveld van Natuurbestuur. Studente word opgelei om kundige, bekwame bestuurders en bestuurs-assistente te wees, wat sal bydra tot die ekonomiese potensiaal van ons land se natuurlike hulpbronne in ‘n verantwoordelike, volhoubare wyse, sowel as om goed afgeronde, opgeleide individue wat 'n positiewe bydrae tot die gemeenskap kan maak, te produseer. Na kwalifisering, sal studente in staat wees om onafhanklik noodsaaklike take uit te voer, besluite te neem en probleme op te los in wildplaasbestuur, reservaatbestuur en in die bestuur van natuurlike gebiede.

Kurrikulum

Jaar 1
  • Dierestudies
  • Veldbestuur
  • Ekologie
  • Wildsplaasbestuur
  • Bewaringskommunikasie
  • Biologie
  • Bewaringsontwikkeling
  • Grondkunde
Jaar 2
  • Veldbestuur
  • Dierestudies
  • Dieresiektes
  • Bewaringsontwikkeling
  • Bewaringskommunikasie
  • Diere Anatomie en Fisiologie
  • Bewaringsgenetika
  • Oordbestuur
  • Statistieke
Jaar 3
  • Veldbestuur
  • Dierestudies
  • Wildsplaasbestuur
  • Menslike Dimensie
  • Werksplek Gebaseerde Leer
 

Toelatingsvereistes

Nasionale Senior Sertifikaat (Gr 12) of gelykwaardige kwalifikasie, met 'n minimum van 40% in die taal van onderrig, ASOOK 40% in Wiskunde of 70% in Wiskundige Geletterdheid PLUS

'n minimum van 40% in die volgende vakke: Lewenswetenskap, Fisiese Wetenskap, Landbouwetenskap

OF

  • 40% in 2 van die bogenoemde vakke, en 50% in enige 1 ander vak (uitgesluit Lewensoriëentering),

OF

  • 40% in 1 van die bogenoemde vakke, en 50% in enige 2 ander vakke (uitgesluit Lewensoriëentering),

OF

  • 50% in enige 3 ander vakke (uitgesluit Lewensoriëentering),

OF

‘n Hoër Sertifikaat in Natuurbestuur of gelykwaardige kwalifikasie, onderhewig aan ‘n minimum gemiddeld per vak van 60% of hoër en keuringsonderhoud.

Werk Geïntegreerde Leer

Jaar 3: 10 maande op wildplaas of reservaat met toesighouerbesoek, 3 projekte per vak en finale voorlegging

Loopbaangeleenthede

  • Bestuurder op privaat wildplaas of reservaat
  • Wildvangs en -vervoer
  • Professionele Jagter
  • Veldrehabilitasie en Wildteling

Ingeslote Addissionele Kursusse

  • Veldgids (FGASA)
  • Noodhulp (Vlak 1)

Opsionele Addissionele Kursusse

  • Professionele Jagter
  • Slang Identifisering en Hantering
  • Wapenantering

Corporate

Stel jy belang?


Registreer Nou